“Trix of the Trade” Workshop (in Afrikaans)

Map Unavailable

Date/Time
Date(s) - 19/08/2017
14:00 - 17:00

Location
Durbanville

Categories


Beatrix sê_Raak hekel-slim_SERP_Btrix Dsigns_book

Die “Trix of the Trade”-werkwinkel was oor die jare my mees gewilde werkswinkel waar jy al die trix rondom hekelwerk leer om jou hekelervaring na ‘n hoër vlak van vaardigheid te neem.

Gedurende dié werkswinkel gaan jy leer van verskillende tegnieke om jou draaikettings in verskillende steekstipes te vervang wat daardie onooglike gate aan die kante van jou rye elimineer tot hoe om ‘n basis-ketting te maak vir ‘n rippelpatroon.

  • Wat jy MOET weet: jy moet ten minste ‘n GEVORDERDE BEGINNER wees wat die basiese steke ken, hul steek anatomie en hoe om basiese patrone te lees.

Werkswinkel fooi sluit in: 10% afslag wanneer jy ‘n kopie van my nuwe boek “Beatrix sê  Raak Hekelslim” aankoop, notas, katoendraad, tee/koffie. (As jy reeds ‘n kopie van die boek het, betaal u die verminderde bedrag van R200.)

Bring: ‘n notaboek, jou gunsteling 3.5m en 4mm hekelpen.

BELANGRIK: Maak asseblief u betaling tydens u bespreking om u plek te verseker.  Soms bespreek mense, betaal nie onmiddelik nie en daag dan nooit op vir die klas/werkswinkel nie.  Dit veroorsaak dat ander moonlike bywonders ‘n plek verbeur.  Koste word reeds vooraf gegaan vir elke plekbespreking, so u samewerking in hierdie verband word opreg waardeer.

Die BANKBESONDERHEDE verskyn op u bevestigings epos.

Die ADRES verskyn as ‘n skakel op die webblad waar u die bespreking doen onder “Location”.

Ek sien baie uit daarna om my hekelkennis met jou te deel!

Hekelgroete

B

Bookings

Bookings are closed for this event.

Comments are closed.

Back-Orders on Out-Of-Stock products available. Contact me for Custom-Orders and Wholesale. Please refer to Terms and Conditions.