geskenke

Tri-Celebration

by

 

April is ‘n baie belangrike maand in die Snyman huis.
Dan word daar ‘n huweliksherdenking en 2 verjaardae sommer 3 dae in ‘n ry gevier.
Die 7de het ons, ons 7de huweliksherdenking gevier.
Die 8e was manlief se verjaardag en die 9e was dit my voorreg om nog ‘n lewensjaar te vier.
En ek kon dit weer saam met baie spesiale vriendinne doen.
En almal van hulle hekel natuurlik.
Maar wat vir my so spesiaal is, is die geskenkies wat hulle aan dra!
Alles handgemaak!!!

tmp blog

Ek het my eie eerste gehekelde waslappie gekry!! Want jy hekel die mos vir almal behalwe jouself.
Ekt my eerste “teapot cozy” gekry, want die word ook altyd as geskenke vir ander gemaak, en jou eie teepot staan en koud kry.
En die mooiste mosaic harte! Want die liefde vir handewerk vier hooggety!
En dan, om dit af te rond…die mooiste blikkie (met ietsie wat lekker ruik daarbinne vir die waslappie), want ek hou van houertjies. As ek iets binne in iets kan pak, is my hart gelukkig.
En moenie van al die lekker eetgoed vergeet wat ons geniet het nie!!!

tmp blog 1

Dankie vir almal wat die dag saam met my gedeel het, vir die sms’e, die whatsapp boodskappe, die facebook posts, die facebook boodskappe, eposse, en oproepe. Ek het baie spesiaal gevoel, want my lewe is gevul met spesiale mense soos julle!!
Liefde
B